Sarie ken van koue. Nie net as gevolg van die winter of haar leë bed
nie. Daar is ’n blok ys om haar hart. Hierdie jaar bring die lente nie
juis vir haar hoop nie. Sy het maande laas van Gerhard gehoor. Hoe
verdwyn jou man sommer net so? Leef hy nog? Is sy hart nog warm, of soos
hare, gevries.
Sy sak neer op die houtbankie onder die windpomp. Die kollie gaan lê by haar voete.
Verna staan met arms gevou in haar knus kombuis en bekyk die twee. Die een is net so misrabel soos die ander. Dit kan sy hanteer, maar sy kan nie verstaan hoekom Sarie deesdae die Bybel op die tafel los nie. Sy het dit getrou saamgevat elke oggend. Deesdae sit sy net daar en staar voor haar uit. Verna is oortuig daarvan dat sy nie eers die blommeskou voor haar raaksien nie.
“Ag Here, waar is Gerrie? Kyk hoe swaar kry my kind Here! Dit vreet my op. Sy vergaan voor my oë en daar is niks wat ek kan doen nie.” Sy vee ’n traan met die agterkant van haar meelhand af. “Doen asseblief tog iets Here. Ek vra mooi.”
Die lammers se geblêr laat Sarie van die bankie opstaan. Die kollie draf nuuskierig nader aan die kraal. Sy stamp die stof van haar skoene af voor sy by die kombuisdeur ingaan. Verna kyk bekommerd na haar dogter.
“Daai lammers het ’n ingeboude klok. Gaan jy regkom vandag? Ek wil eers die brood in die oond kry.” Sarie knik. Dit sal nie veel meer moeite wees om die lammers self te voer nie. Sy het buitendien niks anders wat haar aandag verg nie.
“Wanneer lewer die koöperasie nuwe melk af? Hierdie blik gaan net hou tot Maandag se kant.” Sarie skep die poeier in ’n emmer water en klits dit.
“Ek sal vandag weer bel. Hulle het gesê hulle lewer die week nog af. Onbetroubare spul. As Gerrie nog …” Verna lig haar kop en kyk dan jammerlik na Sarie.
“Ag my kind. Ek het nie bedoel …” Sarie vat haastig die mandjie met die bottels en en die emmer melk.
“Ek’s buite,” sê sy en haas haar na die lammers. Die melk klots teen die rand van die emmer.
Die geblêr laat hom opkyk. Daardie klank het hy gemis. Die tronk was donker en behalwe vir ’n gefluister was dit stil. Skape was die rede waarom hy Lesotho toe gekom het. Sy kennis en die program om Lesotho se wol produksie te help sou hom ’n week hier gehou het. Amper vyf maande later kan hy uiteindelik huis toe gaan. Net die gedagte aan sy soet Saartjie het hom laat aanhou hoop.
“Ek hoop jy het op my gewag my lief,” fluister hy. Gerhard tel sy groen paspoort van die polisiekantoor se toonbank op en hou dit teen sy bors. Hy word amper by die gebou uitgesmyt. Selfs nou dat hy vrygespreek is, word hy soos ’n misdadiger behandel. Hy is onskuldig. Daardie dwelms het nie aan hom behoort nie. Hy het geen idee gehad dat dit in die huurmotor weggesteek was nie.
Na al die maande in die tronk kan hy nie glo dat hy kan huis toe gaan nie. Die nagmerrie is uiteindelik verby.
Met nie ’n enkele sent op sy naam nie, verkoop hy sy skoene om die taxi fooi tot by die grenspos te betaal. Hy kry ’n geleentheid tot naby Bloemfontein en dan ry hy verder in ’n trok tot by Calvinia. Gerrie kan aan niks anders dink as sy vrou en die feit dat hy op pad is huis toe nie.
Kaalvoete en met ’n amper vyf maande oue baard stap hy die twaalf kilometer van Calvinia na hulle plaas Oggendsrus.
Sarie sukkel met een van die bottels. Die tiet bly afspring en sy is al taai van die melk. Die arme lammetjie is ook gefrustreerd. Sy klem die tiet vas en laat die lam sy melk klaar drink. Verna vee haar nat hande aan haar voorskoot af en skuur by die klein hekkie van die kraal verby.
“Watter lammers moet nog drink?” vra sy en tel twee bottels op.
“Net die drie hier,” wys sy. Verna weet die lam met die swart kop drink moeilik en knyp hom tussen haar bene vas terwyl sy hom help om die tiet in sy bek te kry.
“Die koöperasie sal Maandagoggend eerste ding aflewer. Ek het gesê ek weier om weer daar te koop as ons so afskeep gaan word.”
“Hulle vat ’n kans. Ek wil nie hê ma moet dink ek is ongeskik nie, maar ek gaan liewer Maandagoggend in my kamer bly. Sê maar ek is siek of iets.”
“Wat dan nou? Jy weet ek lieg en bedrieg nie my medemense nie, Sarie.”
“En ek verraai nie my man nie Ma.”
“Wat praat jy nou van verraai?”
“Gerrie gaan huis toe kom! Ek weet mense het klaar opgegee en aanbeweeg maar ek het nie. My man leef nog.”
Verna sluk swaar en vryf liefdevol oor haar dogter se blaaie.
“Ek weet dit my kind.”
Die lammers spring rond en speel in die kraal. Sarie is tevrede dat hulle mooi groei. Sy tel die mandjie met die bottels en die leë emmer op.
“Ek sal moet kyk hoekom die tiet bly afgly. Dalk is dit die bottel. Het ons ’n ekstra een in die …” Die frons tussen haar oë laat Verna ook na die pad kyk. Die emmer en mandjie gly uit Sarie se hande. Verna se saamgevoude hande hou haar mond toe. Sarie wil hardloop maar haar voete voel vasgesement.
“Mamma. Is dit …?” Verna se trane loop vrylik oor haar ronde wange.
“Waarvoor wag jy liewe kind?”
Met ’n hand vol veldblomme wat hy spesiaal vir sy sagste Saartjie gepluk het, loop hy die bekende stofpad na die plaashuis. Maar toe hy haar daar sien staan in die skaapkraal kon hy sy emosies nie meer beheer nie. Met sy teer, kaal voete hardloop hy verby die windpomp. Die kolliehond blaf opgewonde en is eerste by hom. Met sy vry hand vryf hy oor sy geliefde hond, maar sak op sy knieë neer toe Sarie aangehardloop kom. Hy gooi sy arms oop en omhels sy vrou. Sy soen hom op sy kop en net waar sy plek kry op sy gesig.
Verna kan haar geliefde kinders nie sien nie. Sy sit op haar knieë agter die kraalmuur. Haar oë kyk op na die hemel en haar lippe getuig van Sy goedheid. “U het my gehoor my God, my Skepper. In U goedheid en getrouheid sal ek nooit twyfel nie.”
(Soos verskyn in SA-Skrywers Afrikaners is Plesierig Bundel)

Even when you cease taking part in} a protracted time|for a very lengthy time}, you’ll retain your standing when you come again. Their customer assist service is top-notch, offering 24/7 help via telephone or their website’s contact type. Their service is nice and responsive, do you have to|must you} ever require to contact them. However, it might also be nice in the event that they} offered a live chat section for assist. The website is easy to access regardless of if you’re utilizing a cell 점보카지노 phone, pill, or laptop.
ReplyDelete