Blous nie net blou omdat ek daarvan hou
dis die lug dis die water en rook.
Dis die bloed in my are, die grys in my hare en die kol om my oog na 'n hou.
Blou is my hande as die winterdae kom,
blou is my elke Maandag.
Maar daar is nie blou
as jou arms my hou,
daars geen kleur in jou liefde, so sag.